Lua Meyer
Midstream College
Ouderdom
18
Skool
Midstream College
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het hierdie rok gekies omdat dit my laat voel soos my jonger self – die meisie wat altyd van prinsesse, glinster en drome gehou het. Die sagte groen kleur en fyn detail herinner my daaraan om daardie kinderlike vreugde en verwondering nooit te verloor nie. Dit voel asof ek ’n bietjie van my jonger ek saam met my dra terwyl ek hierdie nuwe hoofstuk van my lewe begin.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets dra wat my soos die prinses wat ek nog altyd wou wees laat voel. Die meisie wat met groot drome en ’n sagte hart grootgeword het. My inspirasie het gekom van die idee om weer soos my jonger self te voel – sorgvry, dromerig en vol verwondering. Ek wou ’n rok hê wat daardie sprokiesgevoel vasvang, maar steeds elegant en vol selfvertroue lyk. Die sagte groen kleur herinner my aan natuur en groei, iets wat perfek simboliseer hoe ek gegroei het deur my skooljare en nou gereed is om my volgende hoofstuk te begin.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die unieke kleur, die sagte detail en hoe dit my laat voel het. Die groen simboliseer hoe ek gegroei het in die laaste agtien jaar en hoe ek gaan aanhou groei. Dit was asof ek vir die spesiale aand die prinses in my eie sprokie kon wees.
Datum van matriekafskeid
2025-10-11