Logan Pottas
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vereeniging
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Transvalia Vanderbijlpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Dit was vir my belangrik dat my rok 'n refleksie van my persoonlikheid en geloof is. Die mantel verteenwoordig koninklikheid, en die inspirasie hiervoor was Koningin Ester in die Bybel: sy het deur haar vroulikheid en gesag die Here geëer in alles wat sy gedoen het.
My gunsteling blom is 'n lelie, want dit is 'n simbool van reinheid en vroulikheid, en ek wou hê dat my rok die vorm daarvan moes naboots. Carike het my idee definitief verstaan! My woorde aan haar toe ek my rok vir die eerste keer aangepas het, was: “Ek voel soos 'n blom!”
