Lizzy Kotzé

Lizzy Kotzé Lizzy Kotzé Lizzy Kotzé

Ouderdom

18

Tuisdorp

Paarl

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou baie graag 'n rok gehad het wat sag en vroulik is, maar terselfdertyd ook die storie van my lewe vertel.
Alhoewel swart 'n elegante kleur is, weerspieël dit my lewe as baba. Daar was geen hoop op 'n toekoms nie. Die swart is vir my die simbool swaarkry.
Die helder pers en pienk blomme motief op my rok, bring hoop en lewe. 'n Blomtuin wat blom in die donkerte.
Die swart lae tulle het my 'n gevoel gegee van opstaan en aanhou, ten spyte van my omstandighede.
Natuurlik die blinkers op my swart rok, weerspieël 'n hoopvolle toekoms, met baie drome. Dit het my dadelik laat dink aan flikkerende liggies in 'n donker nag.
Ek is as 9 maande oue baba uit haglike omstandighede gered en by my liefdevolle pleegouers geplaas, wat saam met my droom oor my toekoms.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media