Lisa Smit

Hoërskool Overkruin

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Overkruin

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die baie talentvolle tannie Karia Darvall, van Karia Dressdesigning.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Dit was nog altyd my droom om soos 'n ware prinses te voel, 'n sentiment wat deur my ma se woorde gekoester is- sy het my altyd van kleins af verseker dat ek 'n prinses is. Vir my matriekafskeid het daardie droom uiteindelik die kans gekry om 'n skitterende realiteit te word. Ek wou 'n rok hê wat daardie kinderlike visie van elegansie en sprokiesmag vasvang, en Tannie Karia het daardie inspirasie met ongelooflike vaardigheid en toewyding in die werklikheid omskep. Deur haar talent kon ek vir een aand werklik die gevoel ervaar om soos die prinses van my ma se stories te wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok is vir my soveel meer as net ń pragtige meesterstuk; dit is ń simbool van deursettingsvermoë en geloof. Ons was eers bekommerd of ons my droomrok sou kon maak, veral toe ons die finansiële uitdagings en die koste van die perfekte ontwerp in ag moes neem. Maar ons het nie moed opgegee nie. Ons het hard gewerk en 'n plan gemaak sodat ek presies die rok kon kry waarvan ek al baie lank droom. Wanneer ek nou terugkyk na daardie skitterende resultaat, herinner dit my dat ek in staat is om enige doelwit te bereik solank ek net my verstand daarop instel. Die rok is 'n bewys dat groot drome die moeite werd is om voor te veg.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die ware hoogtepunt van die matriekafskeid was definitief nie net die rok nie, maar die onverwagse ondersteuning wat ek gekry het. Ek sal nooit vergeet van my familielede onverwags opgedaag het om my te sien nie! Dit was 'n groot verrassing, want ek het nie gedink almal van hulle sou daar wees om my te ondersteun terwyl ek in my pragtige rok oor die rooi tapyt geloop het nie. Net om hulle daar te sien, het die hele dag net soveel meer spesiaal gemaak. Daardie oomblik, toe ek al hulle trotse gesigte gesien het, het dit my hart werklik laat glimlag.

Planne vir na matriek

Na matriek is my groot plan om sielkunde te gaan studeer. Die manier hoe mense dink en voel, interesseer my ontsettend, en ek glo dit is my roeping om ook 'n groot verskil in ander se lewens te maak, net soos wonderlike mense 'n verskil in my lewe gemaak het. Ek het eers beplan om ver van die huis af te gaan studeer, maar toe besluit ek daarteen. Ek het besef ek is nog nie reg om so vroeg al so ver van my geliefdes af te wees nie. Ek kies nou om nader aan die huis te bly, sodat ek my drome kan najaag terwyl ek steeds die ondersteuning van my mense naby my het.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skaaptjoppie

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Like what you see?

Share on Social Media