Lily Bastone
Hoërskool Jim Fouché
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Hoërskool Jim Fouché
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Viléste Couture in Bloemfontein
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie agter my matriekafskeidrok was om iets te dra wat uit ń sprokiesverhaal voel- elegant, tydloos en vol sagte magie – die perfekte kombinasie van sagtheid, styl en sprokiesmooi. Die ligte roospienk het die rok ’n dromerige, romantiese gevoel gegee. Die sprankelend blink blom- en takkiespatrone het oor die materiaal geskitter soos dou op rose, terwyl die lae rug met sy ry fyn knope die tydlose bekoring van outydse elegansie vasgevang het. Die sagte sleep het elke beweging laat lyk asof ek sweef, en ek het soos ’n ware feetjie gevoel wat haar eie towerkuns uitstraal.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok is meer as net ń mooi kledingstuk-dit is ń simbool van selfvertroue en groei.Wanneer ek daaraan dink, sien ek nie net blink materiaal en sagte pienk kleure nie, maar herinneringe aan drome wat waar geword het. Die rok verteenwoordig nie net styl of skoonheid nie, maar ook vroulikheid,eenvoudigheid, en trots – die einde van ’n onvergeetlike hoofstuk en die begin van ’n nuwe een.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis om saam met my vriende te kon wees en kosbare herinneringe te maak. Dit was daardie oomblikke van lag, gesels en dans wat die aand werklik onvergeetlik gemaak het. Om almal so mooi aangetrek te sien, vol vreugde en opgewondenheid, het my hart warm gemaak – dit was asof ons almal vir ’n oomblik in ons eie klein sprokie geleef het. Die geselsies, grappies en foto’s saam het herinneringe geskep wat ek vir altyd sal koester.
Planne vir na matriek
Ek gaan medies studeer by die Universiteit van die Vrystaat(UFS)
Gunsteling woord in Afrikaans
Oraait
Datum van matriekafskeid
2025-10-10