Lillian Dickson
Curro Bankenveld
Ouderdom
17
Skool
Curro Bankenveld
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek wou graag ń noupassende rok hê wat stylvol en modern lyk maar nogsteeds ń bietjie sprokie-effek gee. Ek kon nie besluit op ‘n tipe blou kleur nie en was toe baie bly toe die krale verskeie kleur blou weerspieël het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was geïnspireer deur die kosbare herinneringe van my skooljare, wat verteenwoordig word deur die fyn detail in die krale en juwele op die bo-stuk. Die kontras tussen die stylvolle juwele op die bo-stuk en die sagte valle van die romp verteenwoordig vir my die oorgang van kinderjare na jong volwassenheid. Ek was so tevrede toe my ontwerper- Chanté Enslin van Bella Boutique- dit kon bymekaar bring.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Definitief die bo-stuk met krale en juwele wat met die hand deur my ontwerper vasgewerk was en die feit dat die romp gedeelte afgehaal kan word en die rok transformeer in ‘n noupassende rok.
Datum van matriekafskeid
2025-07-24