Lierin Norval
Ouderdom
17
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Oranje Meisieskool, Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid rok is vir my meer as net ń mooi rok. Ek het van Graad 8 af ń prentjie in my kop gehad van hoe ek eendag op my matriekafskeid dag wil lyk. Ek het deur die jare verskillende rokke gesien en van styl verander, maar die idee van ’n rok wat sag en elegant is, terwyl dit steeds selfvertroue uitstraal, het altyd by my gebly. Toe die tyd aanbreek om uiteindelik my rok te laat maak, het daardie prentjie in my kop ń werklikheid geword. My rok weerspieël my persoonlikheid op die beste manier, en dit is juis wat dit vir my so spesiaal maak.
