Lianné Botha
Ouderdom
18
Tuisdorp
Potchefstroom
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Volkskool Potchefstroom
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir hierdie rok kom van 'n hele paar idees wat uiteindeklik perfek saamgekom het. Ek het voorheen dinge gesien van ander matriekafskeidrokke waarvan ek baie gehou het, en ek het toe die beste dele van twee spesifieke rokke gevat wat dadelik my oog gevang het en hulle gekombineer. Wat die kleur betref-Ek het hierdie spesifieke groen gedra na 'n dansfunksie by my vorige skool, en ek was onmiddellik verlief. Ek het net daar geweet dat wanneer my eie matriekafskeid kom, my rok definitief Emerald Green moet wees. Dit voel so spesiaal om te sien hoe die prentjie wat ek so lank in my kop gehad het, nou 'n werklikheid is.
