Lente Groenewald

Midstream College

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Lente

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die inspirasie agter my rok was altyd daai klein graad 1-meisie wat glo sy’s ’n meermin — blink, vol kleur en nie bang om uit te staan nie. Ek wou hê dit moet voel soos ek… net met ’n bietjie see- en sterstof by. Ek wou iets hê wat lyk soos ’n sonsondergang wat in die see verdwyn — sag bo, diep blou onder, en vol glinster soos golwe in die lig. Dis vir my die perfekte simbol van groei: van kinderdrome na grootmensdrome. Meermin vibes, graad 1 nostalgia, en ’n bietjie sparkle-terapie. Dis basically my hele persoonlikheid in een rok.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Hierdie rok laat my voel soos die meermin wat my graad 1-self altyd wou wees — blink, vry en vol drome. Dis asof sy nou trots kyk en sê: ‘Jy het dit rêrig gemaak.’ Elke glinster herinner my daaraan hoe ver ek gekom het, en dat ek steeds daai klein droommeisie in my dra. My matriekafskeidrok beteken vir my soveel meer as net ’n outfit — dis soos die hoofstuk wat alles saamvat. Elke blink stukkie voel soos ’n herinnering van hoe ver ek gekom het, en die blou laat my dink aan vryheid, ‘n nuwe begin en ’n bietjie van daai drome wat ek nou regtig gaan leef.

Date of matric farewell?

2025-10-11

Like what you see?

Share on Social Media