Lené van Loggerenberg
Oranje Meisieskool
Ouderdom
18
Skool
Oranje Meisieskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp in ’n elegante olyfgroen kleur wat sag en uniek uitstaan. Ek het hierdie styl gekies omdat ek iets wou hê wat plain maar tog elegant is, die balrok-silhoeët bring grasie en beweging terwyl die eenvoudige bokant my figuur op ’n stylvolle manier komplimenteer. My rok was gemaak deur Julie Wedderburn en sy het my visie tot lewe gebring!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Aan die begin van die jaar toe ek begin kyk het na matriekafskeidrokke het ek geweet ek soek iets wat tydloos elegant en gemaklik is wat my persoonlikheid uitbeeld. Die olyfgroen kleur het my dadelik getrek en ek het geweet dit gaan my goed pas. Ek wou hê my rok moes my laat voel soos ’n prinses – elegant en selfversekerd. Die eenvoud van die rok, saam met die vloeiende onderkant het presies daardie gevoel gegee en my spesiale dag vir my perfek gemaak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van die rok was die wye onderkant. Ek het dit regtig geniet om te dans en rond te draai, want die romp het mooi wyd oopgeswaai. Die onderkant was definitief een van die belangrikste dele van hoe die rok vertoon het.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02