Leila Stone

Hoërskool Die Wilgers

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Die Wilgers

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok was ontwerp en gemaak deur Naomi Louw van Kaapstad.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd gemotiveerd om nie iets nuuts te koop nie,maar eerder om iets uit my familie se geskiedenis te dra.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rede waarom my familie se geskiedenis vir my so belangrik is,is omdat ek my pa n paar jaar terug verloor het toe ek 15 jaar oud was.My pa het my alleen groot gemaak met die hulp van al my half susters. Toe my ouer suster vir my haar rok aangebied het,het dit vir my gevoel asof ek n stukkie van haar kon saamneem na my matriekafskeid.Ek het gehoop om met my matriekdans n nuwe tradisie van deel en liefde in ons familie te begin.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die aand saam met my vriende.Ons het lekker gedans en gesing.Ek het altyd gedink dat mens saam iemand moet gaan om die aand spesiaal te maak,maar ek het besef dit was nie nodig nie.Om alleen te gaan was die beste besluit,want ek kon maak deur onder die ligte te dans saam met my vriende en foto’s te neem.

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag weer Kaap toe gaan,want dit is my plek van groot word en vir die volgende paar jaar daar spandeer.Waar ek elke naweek na die see kan gaan.My plan is om in Kaapstad naelkunsklasse te doen en geld spaar om eendag my eie koffiewinkel oop te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Flaterwater (Geen fout in lewe is permanent nie)

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media