Leani Collins
Hoërskool Driehoek
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool
Hoërskool Driehoek
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Designs by Marius (Vanderbijlpark)
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Toe ek nog n klein dogtertjie was, was ek en my beste vriendin se heel gunstelling film die "Barbie Prinsess Charm school".
Ek het vir haar gesê dat dit my droomrok is en ek hom beslis eendag wil dra by my matriekafskeid. 10 jaar later het ek die voorreg gehad om my droom rok te kon laat maak en op die rooi tapyt te stap tydens matriekafskeid wat plaasgevind het op 2 Oktober 2025.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok het my weer terug gevat na my jonger dae toe. Dit het die klein dogtertjie hartjie binne my weer op gevlam. Ek het soos n prinses gevoel en dit is ń gevoel wat elke liewe meisie teminste een keer in haar lewe moet beleef.
Hierdie rok het my ook laat besef dat om mooi te lyk aan die buite kant n bonus is, maar die mooi binne-in ons die werklike skoonheid is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om my toespraak te lewer en al die leerders te motiveer om te dans al het jy twee linker voete, in die rondte te draai, om rondom jou te kyk en alles vir een laaste keer in te neem.
Planne vir na matriek
Ek gaan onderwys en teologie aanlyn studeer by die universiteit van Aros
Gunsteling woord in Afrikaans
Beeldskoon
Datum van matriekafskeid
2025-10-02