Leané Nel
Hoërskool Nelspruit
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Nelspruit
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok is ń opvallende, glansende rooi satyn rok wat onmiddellik my aandag getrek het. Dit het dun spaghettibandjies en ń korset met fyn deurskyndende panele vol sequence en vertikale nate wat my middellyf beklemtoon. Die romp val regaf in ń diep helper rooi wat passievol en glamarous lyk. Altesaam skep die rok ń stylvolle, jong maar steeds elegante voorkoms.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geen vooropgestelde idees gehad nie, maar die oomblik toe ek hierdie rok aangepas het, het dit gevoel asof dit vir my gemaak is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel was die feit dat ek gemaklik in my eie lyf kon voel in hierdie rok. Die sequence op die bo-deel was nog altyd ń kleindogtertjie-droom van my wat definitief daai ekstra bling in die eenvoudige rok uitgebring het.
Datum van matriekafskeid
2025-08-16