Lea Bedeker

Die Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Trevor Strydom het my matriekafskeidrok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My sussie is 'n mode ontwerper en sy het my gehelp om my al my droom idees in my kop in een prentjie te skets. Die materiaal het my inspireer om 'n vloeiende rok te skep wat my soos 'n meermin sal laat voel. Elke aspek van my rok het ek gekry van rokke wat ek oor die jare by verskillende geleenthede en in die media raakgesien het. Ek wou n romantiese effek skep met vele fasette en interessanthede voor, agter en selfs ook aan die kante van my droomrok..

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het ontwikkel in die presiese prentjie waarvan ek gedroom het. My rok het my laat voel soos die hoofkarakter in ‘n feeverhaal. My rok is en sal altyd een van die dinge wees waarvan ek nooit sal vergeet nie wanneer ek terugdink aan my matriekafskeid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om meeste van die aand saam met my beste vriende en vriendinne te kon dans was defnitief vir my die hoogtepunt van my matriekafskeid.

Planne vir na matriek

Ek gaan Sielkunde gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek wil graag mense help wat sukkel met hulle geestelike en emosionele gesondheid.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media