Larissa Williams

Dynamic Kids Tutors

Tuisdorp

Richardsbaai

Skool

Dynamic Kids Tutors

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek self het n idee gehad van hoe my rok moet lyk. Ek het met n dressmaker gaan praat, materiaal gaan koop en sy het die rok gemaak. Ek en sy het paar veranderinge aan my idee gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het heelwat gesondheid challenges, onder andere is my galblaas Junie maand uitgehaal. My inspirasie was dat ek wou uitstaan en wys dat niks my sal onder kry nie. Ek het n sterk persoonlikheid, maar soms raak dinge te veel. Ek wou n statement maak met my rok. En ek hou van bling en glitter. Ook dat mollige meisies mooi kan lyk, dit is die uiterlike, maar wat binne in jou is, dit is wat rerig tel, wees altyd positief. Ek hoop ek kan aan meisies wys dat maak nie saak van jou gewig nie, jy kan sprankel. Wys die wêreld jy kan uit blink !!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken die wêreld vir my. Dit wys my persoonlikheid, ek is sprankelend nes my rok. Ek het soos n koningin gevoel met my afskeid. Die materiaal en kleure was presies wat ek wou gehad het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ek heel laaste my rok aan trek en myself in die spieël sien. My rok was n geheim vir almal, en by die afskeid toe ek uit die kar klim het almal gecheer en hande geklap, my ouma en oupa se gesigte was priceless, en natuurlik het my ouma gehuil. Ek het gegaan om die hele aand te geniet, en dit is presies wat ek gedoen het, geen alkohol. My metgesel was ook n regte gentleman.

Planne vir na matriek

Miskien au pair in Kanada of kursus doen in skoonheid of fotografiese model. Baie mense sê ek is fotogenies. Wat ek ookal doen wil ek n sukses van maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Goeie genugtig

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media