Lara van der Merwe
Hoërskool Waterkloof
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Waterkloof
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ciska Barnard Coutoure
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om soos 'n "bosnimfie" te lyk. Ek het 2 foto's van rokke wat ek in gedagte gehad het bymekaar gesit en so is my rok ontwerp. Ek wou hê dat my persoonlikheid deur die rok uitgebeeld moes word. Elke goeie en elke volmaakte geskenk kom van Bo , al is dit 'n matriekafskeidrok ! So ek wou hê dat God steeds deur my rok vereer moes word en daarom het ek gegaan vir n sagte en elegante rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok is vir my baie spesiaal.Dié rok is 'n simbool van 'n 12 jaar skool loopbaan wat op n goeie noot tot 'n einde kom. Dit is vir mý 'n getuienis van God se liefdevolle sorg en dat Hy alles ten goede laat mee werk vir dié wat Hom lief.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Alles ! Vanaf die "mooi maak" , foto's voor die tyd , in loop op die rooi tapyt , die kos , die tyd spandeer saam met vriende en natuurlik die "reveal" van hoe óns venue(Waterkloof se nuwe ouditorium ) gelyk het !
Planne vir na matriek
Ek is dankbaar om te sê dat ek volgende jaar Fisioterapie by die Universiteit van Pretoria (TUKS) gaan studeer. Al die glorie aan God. Ek gaan ook aangaan met my atletiek en landloop loopbaan waar ek vir Tukkies gaan verteenwoordig.
Gunsteling woord in Afrikaans
Waaghalsig
Datum van matriekafskeid
2025-10-02