Lara van der Merwe

Midstream College

Tuisdorp

Irene, Centurion

Skool

Midstream College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

House of Superior Clothing in Lynnwood, Pretoria

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok weerspieel my liefde vir sagte kleur en detail. Ek speel klavier, hou van die natuur en kunste, en geniet gedigte. My rok is sag en delikaat, dit is soos n ballerina se kostuum aan die bokant en klok uit in n sagte romp met lae materiaal wat sag wapper soos n feetjierok in die wind.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit sal vir altyd n baie spesiale plek in my hart he. Dit is die weerspieeling van n ongelooflike matriekjaar by Midstream College- My jaar was gevul met vriendskap en liefde, en die rok se delikate materiaal en detail simboliseer die dae wat gevul is met vriende, geluk en vreugde wat vir ewig diep in my hart gebere sal wees!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Elke paartjie het kans gehad om oor die brug te loop na die ingang van die skool. Ons name is uitgeroep, en almal het tyd gehad om na jou en jou metgesel te kyk voordat ons weer teen die trappe afgeloop het aan die anderkant. Dit was baie spesiaal gewees!

Planne vir na matriek

Ek gaan Chemiese Ingenieurswese by Tukkies swot.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ontnugtering

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Like what you see?

Share on Social Media