Lara van der Berg
Hoërskool Oos Moot
Tuisdorp
Waverley
Skool
Hoërskool Oos Moot
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ponki's ontwerpers
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok se kleur het die hemel weerspieël en die blink in die rok die sterre waar my oupa elke dag vir my van afkyk, dit het gevoel of hy elke tree saam my was, ek het soos 'n prinses gevoel en al my drome van hoe ek eendag wou lyk oortref.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken vir my als want my oupa se nagedagtenis is in die rok vasgevang, dit bring vrede en beskerming en het my laat voel asof ek sweef, ek wou nie my rok uitgetrek het nie. Ek het my rok self ontwerp en is trots daarop.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die reveal voor my ouers en my Kerel wat saam my matriekafskeid toe gegaan het, die trane in almal se oë toe hulle my sien was die mees spesiaalste. Die fotos wat ons kon neem by waterval was so spesiaal en almal was teenwoordig om dit saam my te vier. Die aankoms by Colosseum Roodeplaat waar dit gehou was om op die rooi tapyt te kon loop en almal juig jou toe, het my soos prinses laat voel.
Planne vir na matriek
Ek Fokus vir nou op my eindeksamen wat reeds begin het, ek gaan volgende jaar as gap jaar my personal trainer diploma doen wat ek ekstra wil doen in my eie tyd, en beplan dan om vir 2027 vir Ingenieurswese in te skryf, nog net nie seker watse een dis hoekom ek jaar neem om die regte besluit te neem, maar ek wil pro aktief wees en wil my Personal trainer dan doen in 2026.
Gunsteling woord in Afrikaans
pieperig
Datum van matriekafskeid
2025-10-10