Lara Jordaa
Hoërskool Suid-Natal
Tuisdorp
Uvongo
Skool
Hoërskool Suid-Natal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was my eie ontwerp, en dit was gemaak deur 'n lokale tannie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die karakter Fran Fine van "The Nanny" was my inspirasie, sy het 'n soortgelyke rok gedra in die eerste episode en was genoem "hot pink, icon dress"
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit het 'n spesiale plekkie in my hart, omdat dit nie net beste my verteenwoordig nie, maar ook die rok wat my jonger self oor gedroom het. Alhoewel dit net 'n rok is wat ek een maal in my lewe gaan dra, was dit belangrik vir my omdat die rok nie net my matriek jaar nie, maar my hele skool loopbaan verteenwoordig het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was vir my persoonlik in die begin van die aand, waar ek al die verskillende rokke van my mede matrielante kon sien, veral nadat dit die hoof onderwerp in al die meisies se gesprekke was.
Planne vir na matriek
Ek is van plan om 'n jaar in Nederland te spandeer, waar ek sal au pair. Ek wil graag so veel as moontlik die wêreld sien, en meer van myself leer ken, en myself uitdaag om nuwe avonture te ervaar.
Gunsteling woord in Afrikaans
Spontaan
Datum van matriekafskeid
2025-07-25