Lana van Vuuren

Hoërskool Stoffberg

Tuisdorp

Dalview, Brakpan

Skool

Hoërskool Stoffberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is deur Glamrae, in saliegroen (sage) satyn, met 'n inryg korset, wat spreek van stylvolle elegansie. Die snit beklemtoon my beste bates sonder om te veel lyf te wys en daarom het ek gevoel dit staan uit tussen al die ontblotende rokke wat beskikbaar is. Die sleep agter die rok, maak 'n indruk en laat die rok vloei as ek beweeg, sonder om my te beperk om die aand te geniet. Ek het my eie stempel op die rok gesit deur die diamanté bo aan die korset en om die heup by te voeg.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

As introvert het ek 'n rok gesoek wat my sagte, stil, sterk, elegante persoonlikheid weerspieël, maar as balletdanser moes dit ook beweging in hê as ek loop. Die kleur is dieselfde kleur as my oë en het sodoende nie net my oë nie maar ook my vel en hare beklemtoon. Die diamanté op die rok bring daai bietjie skitter, sonder om die rok te oorweldig en vertel ook die storie van diamante wat onder baie druk gevorm word om uiteindelik te skyn. Grace Kelly het my ook geinspireer met haar skoonheid en romantiese styl in haar salie groen rok deur Edith Head wat sy by die 1955 Academy Awards aangehad het en ek was baie opgewonde om die ooreenkomste met my rok te sien.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Na jare van vorm weet ek presies wie ek is en wat my voorkeure is. My rok weerspieël dit ook, dat ek nie hoef te probeer om iets te wees, wat ek nie is nie. Ek hoef nie 'n "over the top" of ontblotende rok te hê om 'n indruk te maak nie. Ek kan stylvol en elegant wees en 'n stil kragtige indruk maak wat blywend sal wees. Diamante staan vir krag, reinheid en deursettingsvemoë en dit kan ek net in God kry. Die salie groen beteken vrede, wysheid en groei en dit is presies waar ek nou is...gereed vir die toekoms!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag was een asemrowende hoogtepunt van hoe ek in my lewe gevaar het. Die fotosessie het bo alles vir my uitgestaan en was beslis wat my matriekafskeiddag vir my gemaak het, deur my gelukkige oomblike en uitkoms vas te vang in een herinnering, die rooitapyt was ook n hoogtepunt wat gevoel het soos n tapyt wat uitgegooi word na my toekoms, met my familie en vriende wat my opgewonde aanmoedig met vewondering in die dame in wie ek gegroei het. My vriende was vir my spesiaal daai aand. Om vir een laaste keer saam hulle "n fees te kon vier en afskeid te neem van jare se saam wees, harde werk en groei.

Planne vir na matriek

Ek wil graag 'n beroep as Lugwaardin volg, wat ook 'n skoon en elegante beroep is waar ek fisiese hoogtes kan bereik en 'n verskil in mense se lewens kan maak terwyl ek die wêreld uit 'n ander oogpunt uit sien. Ek wil ook graag my passie as balletdanser aanhou uitleef en God verheerlik daardeur.

Gunsteling woord in Afrikaans

Verlief

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media