Lana Ungerer

Lana Ungerer Lana Ungerer Lana Ungerer

Ouderdom

18

Tuisdorp

Benoni

Skool en dorp/stad van skool

Dr EG Jansen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos elke meisie droom ons van kleins af oor ons Matriekafskeid rok en dit was glad nie anders in my geval nie. Ek het van 'n jong ouderdom af belang gestel in mode en styl, en het vir ure gesit en rokke teken. Die dag toe ek my matriekafskeid rok op sosiale media gesien het, het ek dadelik gevoel dat hierdie ontwerp my persoonlikheid en karakter pas. Die rok is Elegant, Stylvol en Sag.
Ek het nog altyd my Matriekafskeid gesien as die begin van 'n nuwe hoofstuk in my lewe en daarom het die Botter geel wat rykdom en sukses verteenwoordig so mooi by my toekoms drome en aspirasies ingepas.
Die oomblik toe ek die rok aantrek het ek soos 'n "Vogue" model gevoel en dis presies hoe ek wou gevoel het.
Ek dank die Here vir Sy Hand oor my lewe en dat ek die geleentheid gehad het om my Droom rok te kan maak.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media