Lana Leibrandt

Lana Leibrandt Lana Leibrandt Lana Leibrandt

Ouderdom

18

Tuisdorp

St. Lucia

Skool en dorp/stad van skool

Grantleigh, KwaMbonambi, KwaZulu-Natal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie regtig ’n spesifieke inspirasie vir my matriekafskeidrok gehad nie. Ek het net geweet ek soek ’n rok met ’n oop rug, ’n mooi halslyn, ’n spleet langs die been en verkieslik iets in blou of groen. Toe ek egter op Pinterest op hierdie rok afkom, het ek dadelik geweet: Dít is my rok! Om hom in die hande te kry, was egter ’n hele avontuur! Ons het hom reeds in November uit Amerika bestel, maar teen Januarie het ons steeds niks gehoor nie. Om seker te maak hy kom betyds en om invoerkoste te beperk, moes die rok eers na my tannie in Duitsland gestuur word, waarna sy hom na St. Lucia in Suid-Afrika aangestuur het. Toe my ouma sien hoe verlief ek op die rok is, het sy en my tannie dit hul missie gemaak om hom by my uit te kry. Ek het dalk nie met ’n spesifieke inspirasie begin nie, maar die oomblik toe ek die rok sien, het ek geweet hy is vir my bedoel!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media