Laché Strydom

Laché Strydom Laché Strydom Laché Strydom

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my droom matriekafskeidrok was om soos n moderne Aspoestertjie te lyk met die tydlose elegansie van ‘n prinses. Die rok moes my persoonlikheid weerspieël: vroulik, selfversekerd en uniek. Vir my moes die rok nie net mooi wees nie, maar ook n sprokiesoomblik skep.

My gunsteling deel van die rok is nie net die feit dat dit verdubbel in grootte wanneer ek in die rondte draai nie, maar ook die besonderse bostuk met handgeborduurde glaskrale. Ek wou hê die hele rok moes skitter en daarom het ons unieke materiaal vol blinkertjies gebruik. Die rok het gelewe met verskillende skakerings van blou en sagte, vloeiende lae wat beweging en elegansie uitbeeld.

Die rok het my beslis soos n prinses laat voel en kon n herinnering skep wat vir altyd spesiaal sal bly.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media