Kyla de Wet
Klerksdorp Hoërskool
Ouderdom
18
Skool
Klerksdorp Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok moes “Wow!” skree.
Ek het nog altyd gedroom van ‘n balrok, en die oomblik toe ek ‘n rok met valle sien, het ek geweet dis die een. Wanneer ek draai en swaai en die valle ‘n rondomtalie om my vorm, voel dit asof ek in die lug sweef.
Ek het rokke van verskeie kleure gepas, maar toe ek die helder pienk rok sien, was ek verlief. Tog wou ek hê my rok moes uniek wees. Die rooi-pienk materiaal het my visie perfek vasgevang. Die manier waarop die kleur verander wanneer die lig daarop val, maak dit nog meer besonders. Op elke foto lyk dit uniek, tog tydloos en elegant.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
‘n Balrok was my grootste inspirasie. Iets wat my laat terugdink aan die 1800’s, toe vroue met hul groot, elegante rokke oor die dansvloer gegly het. Dit was ook die inspirasie agter my Bridgerton-tema vir die foto’s.
My rok simboliseer ‘n nuwe seisoen wat aanbreek , weg met die ou, vaal kleure en in met helder, lewensvolle skakerings. Selfs my voorkoms het verander: my lang blonde hare het ek verruil vir ‘n donker, kort bob. Iets wat my aan die Bridgerton-era herinner, tydloos, elegant, en beslis iets wat koppe laat draai. Ek wou hê almal moes wonder wie die prinses is wat in haar koets aankom. My rok, my hare, my hele nuwe voorkoms moes daardie “Wow”-moment skep. Na ure op Pinterest en baie rokke wat ek aangepas het, het ek my visie gehad en Susan Uys het dit tot lewe gebring.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die valle op die onderkant van my rok wat om my vou terwyl ek beweeg. Dit laat my voel soos 'n prinses. Ek hou van die dimensie in die kleure van die valle, dit sit soveel meer lewe in die rok.
Datum van matriekafskeid
2025-10-01