Kristen-Mari Swanepoel

D.F. Malan

Ouderdom

17

Skool

D.F. Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Belinda van Bespoke

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nie iets hê wat almal sou dra nie. My inspirasie was om my persoonlikheid uit te druk deur iets oorspronklik — iets wat uitstaan en my laat voel soos die beste weergawe van myself. Ek wou iets hê wat ek oor tien jaar nog mooi sou vind, uniek net soos ek.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my ongelooflik spesiaal, want dit het presies vasgevang hoe ek daardie aand wou voel — elegant en prinsesagtig. Die diep midnight blue-kleur het my laat voel asof ek regtig op my eie sprokiesverhaal se rooi tapyt loop. My ontwerper het my idees perfek bymekaar gesit, en met die mooi bystand van my ma het dit ’n rok geword wat ons saam geskep het. Elke keer as ek daaraan dink, onthou ek daardie gevoel om in die spieël te kyk en vir die eerste keer te voel: “Wow… ek lyk soos ’n prinses.” ✨👑

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis toe ek saam met my vreindine by die venue aankom en alles om my begin insink het — die ligte, die musiek, en die gevoel van opgewondenheid in die lug. Ek het in my midnight blue rok afgestap en vir ’n oomblik gevoel asof tyd stilgestaan het. Om my vriende so gelukkig te sien en saam die aand te vier was ongelooflik. Dit was ’n aand vol glimlagte, trots en dankbaarheid — die perfekte afsluiting van my skooljare. 💙✨

Planne vir na matriek

Ek wil Foundation Phase Onderwys by STADIO studeer, omdat ek ’n passie het vir jong kinders en glo dat die eerste skooljare die fondament lê vir ’n kind se toekoms. Ek wil deel wees van daardie groei, en help om leer vir kinders iets mooi en betekenisvol te maak. 💫

Gunsteling woord in Afrikaans

Waaier-braaier

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media