K’Micke Sill
HTS Middelburg
Ouderdom
18
Skool
HTS Middelburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek en my ma het jare terug besluit op die kleur. Coral. Die ontwerp is deur my ma geteken en dieselfde vrou wat my ma se matriekafskeid rok 23 jaar gelede gemaak het, het my rok gemaak. Hoe spesiaal is dit nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is eintlik 'n "plein Jane" en wou eers net 'n eenvoudige rok gehad het. My ma het soveel idees vir my gewys een saam het ons toe so bietjie van die rok en bietjie van daardie rok bymekaar gesit en so ook ons eie idees bygevoeg. Ek is so bly ons het eindelik op die ontwerp besluit. So ek kan seker sê my ma was my inspirasie met al haar idees. Dankie mamma!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Alles. Veral die swart kant insetsel binne my rok en bo. Dan ook die oop rug met band wat afhang.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02