Kirsty Tyler
Hoërskool Dr Malan
Tuisdorp
Vereeniging
Skool
Hoërskool Dr Malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die talentvolle Jana Meintjies van Silverswallow Design het my rok ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het ‘n rok gesoek wat Wow was, iets anders. Ek was opsoek na ‘n “statement” rok, maar wat nogsteeds eenvoudig is. Ek het ‘n paar van Jana se ontwerpe aangepas en dadelik verlief geraak op haar styl. Ek het ‘n rok gesoek wat my persoonlikheid uitbeeld.
Die moue is my gunsteling deel omdat dit so “versatile” is en waarmee ek maklik rond kan speel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok laat my soos ‘n ware prinses voel!
Dit laat my selfversekerd in my eie vel voel en dit beeld die mens wie ek is uit.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Beslis ons nagereg! Hulle het “rolled-ice Cream” vir ons bedien en ek is iemand wat nooit nee kan sê vir roomys nie.
Planne vir na matriek
Ek beplan om tandeelkunde by Tuks te gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skaterlag
Datum van matriekafskeid
2025-10-16