Keziah Gouws

Keziah Gouws Keziah Gouws Keziah Gouws

Ouderdom

18

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd iets dra wat bietjie anders is iets wat nie sommer net nóg ’n mooi matriekafskeidrok is nie. Weg van die gewone wit en rooi, en hallo vir magenta, sparkle en ’n bietjie drama!

Die idee was om iets uniek te skep wat uitstaan. Die twee-in-een-konsep was ’n voorstel van my ontwerper, Shené Vyver, en dit het die rok net nóg meer besonders gemaak. Want komaan, ek word net een keer 18, en matriekafskeid is die perfekte verskoning om ’n bietjie ekstra te wees! Die romp wat kan afkom, gee die rok ’n elegante, dramatiese voorkoms, terwyl die mini die fun, speelse kant na vore bring.

Vir my hoef ’n matriekafskeidrok nie net mooi te wees nie dit mag ook onverwags, quirky en vol lewe wees. Want die lewe is nie altyd so ernstig nie, en hoekom moet my rok dan wees?

Hierdie is my weergawe. My geloof is alles vir my, en ek glo dat God elkeen van ons na Sy beeld geskep het, uniek en met ons eie doel en dis presies wat my rok is uniek. Ek hoef nie by die wêreld in te pas of almal se goedkeuring te kry nie. Ek wil eerder die mens wees wat God my geskep het om te wees.

Ek sê nie my rok is die mooiste nie, want agter elke rok is daar ’n meisie met haar eie storie en eie weergawe van uniekheid. Uniekheid hoef nie ’n kompetisie tussen meisies te wees nie, maar eerder ‘n viering van elke meisie se kreatiwiteit en unieke storie.

Vir my is hierdie rok meer as net ’n rok. Dit herinner my daaraan dat ek nie my lig hoef te verdof om in te pas nie juis daarom het ek magenta gekies, ’n kleur wat met vrymoedigheid uitstaan en nie bang is om gesien te word nie. Want as God my geskep het om my lig te laat skyn, waarom sou ek dit wil wegsteek? En as mense iets deur my en my rok kan raaksien, hoop ek dis nie net ek wie hulle sien nie, maar die God aan wie ek behoort.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media