Kezia Malgas
Hoërskool Montagu
Tuisdorp
Montagu
Skool
Hoërskool Montagu
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by Scarlett Fashion gekoop.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd daarvan gedroom om ń prinsesstyl rok na my matriekafskeid te dra. Die rok moes elegant en stylvol wees,maar dit moes ook ń tikkie eenvoud hê.Tot my verbasing het ek my droomrok by Scarlett Fashion gevind en ek was oorweldig toe dit in my gunsteling kleur ook beskikbaar was.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok weerspieël my persoonlikheid en is beslis my beste kopie nog.Dit is uitsonderlik,sag en uniek.Dit is besonders mooi vir my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit was vir my ń groot voorreg om my mede-matrieks toe te spreek by die mooiste geleentheid van ons matriekjaar.Ek kon ń paar woorde van bemoediging en aanmoediging met hulle deel.Dit was baie spesiaal en beslis die hoogtepunt van die aand vir my.
Planne vir na matriek
Ek is voorlopig aanvaar vir Brek. by Universiteit Stellenbosch.
Gunsteling woord in Afrikaans
outentiek
Datum van matriekafskeid
2025-10-02