Keana Booy

Hoërskool Brits

Tuisdorp

Brits

Skool

Hoërskool Brits

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is gekoop by Scarlet Fashion Dresses. Dit was ’n een-in-’n-miljoen rok — weggesteek agter al die ander, asof hy net vir my gewag het. Die oomblik toe ek hom aantrek, het ek geweet dis myne.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het van kleintyd af gedroom van daardie “sprokiesprinses”-oomblik, 'n graad 1'tjie se, groot meisie droom. Toe ek die rok aantrek, het dit gevoel asof my kinderlike drome lewe kry. Die sagte materiaal, die elegantheid en die glans het my laat voel asof ek self in ’n Disney-verhaal stap — waar elke meisie haar oomblik kry om te skitter.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my baie meer as net materiaal en nate — dis ’n simbool van hoe ver ek gekom het. Toe ek hom aantrek, het ek gevoel soos Liewe Jesus se prinsessie. Die rok beskryf my persoonlikheid perfek: uitbindig, vol selfvertroue en tog vroulik en sag. Hy het my laat voel asof ek regtig my eie sprokie leef — en dit is iets wat ek vir altyd in my hart sal dra.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was beslis toe die foto’s geneem is. Die plek was prentjiemooi – elke hoekie het gevoel soos deel van my Disney sprokie. Die son strale was betowerend deur die blare en vir daardie oomblik het ek gevoel asof ek in die hemel se tuin stap. Ek was in my noppies, en my hart het gejubel van dankbaarheid en vreugde.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om onderwys te studeer en my droom te volg om ’n juffrou te word. Ek wil die kinders van môre help groei, inspireer en ondersteun — soos my eie onderwysers dit vir my gedoen het. Ek glo elke kind dra ’n klein stukkie sprokie in hulself, en ek wil help om dit te laat blom.

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling Afrikaanse woord is fluweel. Dit sê so veel met so min — sag, elegant en oudtyds mooi.

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media