Kayline Celliers

Kayline Celliers Kayline Celliers Kayline Celliers

Ouderdom

18

Tuisdorp

Kimberlet

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Diamantveld Kimberley

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok was 'n moderne sprokie, geinspireer vanaf my ma se trourok. Waar haar rok tydlose, sagte romantiek was, wou ek daardie selfde styl vat en dit in my eie lig laat skyn.

Die rok self was asemrowend , 'n sagte, see-groen en mint kleur wat nie net jou oog vang nie, maar jou hart steel. Dit is die kleur wat my eerste getrek het, want dit laat jou voel asof jy jou ligie helder skyn en die rok my beskryf ,elke fyn detail wys n klein bietjie van my. Die hele lyfie was met die hand geborduur met duisende blink kristalle wat elke ligstraal gevang het.

Wat dit regtig spesiaal gemaak het, was die elegante, maar waaghalsige agterkant en middellyf , die oop, deursigtige panele met die delikate bandjies en diamant detail wat my ma se klassieke oop rug op 'n nuwe, moderne manier vertel het. Dit was elegant, nie bloot oop nie. En dan die hoë split en die sagte, vloeiende sleep van tulle agter wat soos 'n waterval agter my geval het. Dit was die perfekte balans tussen my ma se tydlose elegansie en my eie droom om soos 'n sprokiesprinses te voel ,onvergeetlik, uniek en gemaak om elke kop te laat draai.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media