Kayleigh Grobler

Kayleigh Grobler Kayleigh Grobler Kayleigh Grobler

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoërskool Wonderboom - Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is n inspirasie rok. Ek wou n rok he wat bekostigbaar is, wat uniek is en by my liggaamsbou pas aangesien ek baie kort is. Ek wou die rok dra en nie die rok my nie.
Die lang lang lang sleep is verteenwoordigend van die 12 lange jare van my skoolloopbaan wat nou agter my is, deel van my verlede. Altyd deel van my. Die driehoek voor in my rok naby my hart verteenwoordig 3 hoekstene van my lewe.
Die eerste hoek is God, die Vader, Die Seun en die Heilige gees. In my hart
Die Tweede hoek is familie, vriende en mense wat deel is van my menswees en my help vorm het. My hartsmense.
Die 3rde hoek is my inspirasie vir die toekoms. Selfliefde, "I can buy myself flowers" ,Om te blom waar ek geplant is en om die ooh Blommie(Blondie) oomblikke van die lewe ook te waardeer en te sien as geleentheid om te groei en te leer.
Die kleurvolle blomme op my rok verteenwoordig die toekoms wat nou voor my is , wat ek glo en vertrou kleurvol en mooi sal wees en vol geleenthede om te groei en te onthou dat dit nie altyd die mooiste blom is waarom die by draai nie. Uiterlike skoonheid is nie alles nie, jou innerlike waardes is van groter belang.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media