Kayla Murray

Hoërskool Gimnasium

Tuisdorp

Franschhoek

Skool

Hoërskool Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is deur myself ontwerp. Ek het inspirasie uit verskillende style gekry en saam met Belinda Pietersen het ons dit perfek tot lewe gebring. Sy het my idees pragtig vertaal en my droomrok gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was om iets te hê wat my persoonlikheid en styl perfek weerspieël – elegant, vrolik en spesiaal vir hierdie groot dag. Ek wou hê dit moet my gemaklik en selfversekerd laat voel sodat ek elke oomblik kon geniet het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my meer as net ’n klerekeuse, dit het my selfvertroue laat voel, my persoonlikheid laat straal en my herinner aan al die mooi herinneringe van matriek. Elke keer as ek daarna kyk, herinner dit my aan die spesiale dag en die vreugde wat ek met my vriende kon deel!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van my afskeid was toe ek al my vriendinne se rokke vir die eerste keer gesien het. Die oomblik toe almal opdaag, het dit gevoel soos ’n droom !Elkeen het so mooi en stylvol gelyk wat duidelik hul persoonlikheid uit gestraal het. Ek kon nie ophou glimlag nie, want dit was so spesiaal om almal so opgetof en vol selfvertroue te sien. Dit was ongelooflik om daardie oomblik saam met hulle te deel, en ek sal die oomblik altyd koester as een van die mooiste dele van my afskeid.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om my droom van Onderwys waar te maak deur BEd te gaan studeer. Ek gaan ook ’n ekstra vak in Sielkunde deur Unisa doen, want ek is nuuskierig oor die mens se denke en gedrag – dit gaan my help om ’n nog beter onderwyser te word.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media