Kayla Botha
Hoër Meisieskool Oranje
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Hoër Meisieskool Oranje
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur die internasionale modehuis ALYCE PARIS. Ek het my rok gekoop by Trés Jolie Bridal Boutique waar ek talle rokke aangepas het maar dié een toe uiteindelik my oog gevang het. Ek het die rok gekies omdat dit stylvol en uniek maar tog klassiek is.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou aanvanklik n rok soos Julia Roberts se ikoniese rooi rok in Pretty Woman hê maar hierdie rok het dadelik my aandag getrek toe ek by die boutique instap. Die rok het perfek gepas wat vir my net nog n teken was dat dit werklik my matriekafskeid rok moet wees. Die rok het my soos die mees outentieke weergawe van myself laat voel wat beslis een van die redes is hoekom ek hierdie rok gekies het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is baie dankbaar om so ń stuning rok vir my matriekafskeid te kon aan hê.Dit het my persoonlikheid baie mooi weerspieel en die rok is ook baie gemaklik. Ek kon lekker dans in die rok en kon die spesiaale geleentheid vir ons klas van 2025 ten volle geniet. Vandag kan ek met sekerheid sê dat ek beslis my Julia Roberts in haar stunning rooi rok moment gehad het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die fotos wat ons geneem het die dag van die matriekafskeid was beslis vir my die hoogtepunt. Die fotos is iets wat ek kan hou as herinnering van die dag.
Planne vir na matriek
Na matriek beplan ek om sielkunde by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom te gaan studeer en waar ek dan later wil spesialiseer in spelterapie.Ek wil eendag ń veillige ruimte vir kinders skep waar hulle gehoor,verstaan en genees word.
Gunsteling woord in Afrikaans
skaterlag
Datum van matriekafskeid
2025-10-02