Katelynn van Wyk

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Heidelberg

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Leah en Eloise by Ballet en Lingerie boutique.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om iets te dra wat werklik soos ek voel, elegant, maar tog eenvoudig en natuurlik mooi. Ek wou hê my rok moes uitstaan sonder om te probeer, en dat dit my selfvertroue en persoonlikheid moes weerspieël. Die goue kleur het my aangetrek omdat dit warm en tydloos is, en omdat dit vir my sê: “skyn in jou eie lig.” Die lae rug en lang sleep simboliseer my selfvertroue en laat my soos die beste weergawe van myself voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is meer as net n rok, dit is die uitdrukking van my unieke identiteit en styl. Wanneer ek my rok aantrek, is dit asof die klein dogtertjie binne-in my se droom verwesenlik is, om soos n prinses te lyk en te voel. Dit simboliseer die laaste bladsy van my skoolhoofsuk, maar ook herinneringe en drome.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Beslis toe ek my rok aantrek, saam met my grimering en hare. Die hele prentjie wat ek in my kop gehad het, het lewe kry, presies soos wat ek dit wou hê. Met die opgewondenheid en die senuwees saam, was die oomblik vir my perfek.

Planne vir na matriek

Ek wil graag na matriek aan die universiteit van die Wes-Kaap Arbeidsterapie studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skaterlag

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media