Katelyn Avenant

Bellville High School

Tuisdorp

Parow

Skool

Bellville High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Tannie Susan Casey van Montague het my rok ontwerp en gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was my eie groei deur hoërskool. Ek wou ñ rok hê wat wys hoe ek oor die jare meer selfversekerd geword het, elegant, maar nog steeds sag. Dit simboliseer vir my om trots te staan on wie ek nou is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my ñ afsluiting én ñ nuwe begin. Dit voel soos ñ viering van wie ek nou is, en ñ herinnering dat ek my eie mooi kan skep terwyl ek vorentoe groei.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om al my vriendinne by die matriekafskeid te sien in hulle pragtige rokke waaroor ons al maande lank gepraat het.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar Argitektuur studeer omdat dit my passie is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Like what you see?

Share on Social Media