Karla Dippenaar

Midstream College

Tuisdorp

Centurion

Skool

Midstream College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by House of Superior Clothing gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het die winkel binne gestap met geen idees of inspirasie, ek het net gehoop dat as ek die regte rok sien sal ek weet. En so gebeur dit toe. Die fees-komitee (aka my ma en beste vriendinne) het hulle goedkeuring gegee. En dit was dit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is koningsblou. Dit het my weer herinner dat dit is hoe my Helmelse Vader my sien. Hy sien my as Sy koningskind en as ek dit onthou maak niks anders saak nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die fotosessie voor die tyd was definitief 'n hoogtepunt. Dit was vetpret en ek het lanklaas so lekker gelag. Dit is herinneringe wat ek vir altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Ek gaan Bcom Rekeningkunde by Akademia studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Klopdisselboom

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Like what you see?

Share on Social Media