Karla de Boer

Hoerskool Diamantveld

Ouderdom

18

Skool

Hoerskool Diamantveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is ’n vrolike, kleurvolle speelse rok met sy helder pienk kleur wat warmte en geluk uitstraal. Die fyn blommietjies en krale op die bolyf laat die rok sprokiesagtig voel, terwyl die sagte strikkies by die moue dit dromerig en speels maak. Die verskillende lae van die romp gee die rok beweging en as jy dans koekeloer die glittermateriaal uit en gee 'n glinsterende dimensie aan die rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok kom eintlik uit wie ek is. Ek is iemand wat nooit stil raak nie en altyd iets te sê het, so ek wou ’n rok hê wat dit weerspieël, lewendig, vrolik en ’n bietjie ‘loud’, net soos ek! Ek het ure op Pinterest spandeer en soveel mooi idees gekry, maar niks het gevoel soos ‘ek’ nie. Eers toe ons begin rokke aanpas het, het ek gevoel hoe dit bymekaar val. Hierdie rok vang daardie deel van my persoonlikheid vas, sprankelend, vol energie en net reg vir ’n aand wat ek nooit sal vergeet nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is dat hy nie net pragtig was nie, maar ook ongelooflik gemaklik. Ek het soveel meisies gesien wat die heeltyd aan hul rokke moes pluk en ongemaklik gelyk het en ek was net dankbaar dat ek my aand kon geniet sonder om ongemaklik of styf te gevoel het. Nog ’n spesiale deel van my rok,  is die herinneringe wat daarmee saamkom. Ons het hom in Klerksdorp by Kobus Rautenbach laat maak, en ek en my ma moes klomp road trips ry om hom elke keer te gaan aanpas. Elke rit het sy eie stories gehad, ons het saam gelag vir die snaakse oomblikke, saam verdwaal, saam bekommerd gewees of die rok sal voldoen aan ons verwagtinge en dit is herinneringe wat ek altyd sal koester. Ek sal ook vir altyd dankbaar wees teenoor my ouers wat hierdie droomrok vir my moontlik gemaak het.

Datum van matriekafskeid

2025-04-10

Like what you see?

Share on Social Media