Karla Buys
Helpmekaar College
Tuisdorp
Krugersdorp
Skool
Helpmekaar College
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Dream Gowns (Cindy-Anne Markus)
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Elke meisie wil soos 'n prinses lyk en voel, maar ek is nogal 'n plaasmeisie wat van meer as een ding hou. Ek hou van gemak maar ook wou ek swierig, en stylvol lyk. Mens het net een keer jou Matriekafskeid, ek wou graag 'n rok hê wat by my persoonlikheid pas. Ek kon aanvanklik gladnie kies tussen 'n wye romp of 'n noupassende styl nie, altwee was vir my so mooi! Toe besluit ek op die ou end op albei style. My rok het n Wye Romp met n sleep gehad wat ek kon verwyder. Ek het al baie lank terug besluit op die smaraggroen kleur, en het oor die jare my inspirasie bord op Pinterest begin maak. Toe die tyd aanbreek om my rok te begin maak, kon ek vir Cindy-Anne presies sê wat ek wil hê, en sy het dit meesterlik uitgevoer...
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my is dit 'n simbool van alles wat ek al beleef het oor die laaste 12 jaar. Dit is 'n perfekte samevatting van my drome, my hoop en elke hoogtepunt in my skoolloopbaan.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek kan nie een ding uitsonder nie. Elke fase van die dag het sy eie lekkerte bevat. Van die oggend vroeg tot laat daardie aand was propvol genot. Soveel mense het soveel moeite vir my gedoen om my dag wonderlik te maak... Ek het elke minuut geniet soveel ek kon. Die dag vlieg verby!
Planne vir na matriek
Perde is nog altyd my passie - so ek gaan Perde Studies studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Springmielies
Datum van matriekafskeid
2025-10-04