Karah van der Ende
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ons het dit gekoop by The House of Superior Clothing in Lynnwood weg
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om iets tydloos te dra wat steeds ’n moderne gevoel het. Ek wou hê ‘n rok wat my persoonlikheid weerspiel. Ek wou iets dra wat soos ’n sprokie voel, maar met karakter. Die kleur en tekstuur van die materiaal en die ontwerp van die rok was alles wat ek wou hê.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my ‘n uitdrukking van wie ek is. Die styl en kleurkeuse praat tot my persoonlikheid en wie ek werklik is. Hierdie rok is nie net ‘n kledingstuk nie, dit is ‘n deel van my en hoe ek myself aan die wêreld wil wys.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die beste deel van die aand was om regtig myself te voel in elke klein detail en in elke oomblik van die aand. Om die hele aand op die dansvloer te wees, te dans op die musiek saam met my gunsteling mense, dit het die aand vir my onvergeetlik gemaak.
Planne vir na matriek
Volgende jaar beplan ek om aan die Universiteit van Pretoria BCom Besigheidsbestuur te studeer, met die hoop om eendag my eie besigheid te begin. Ek gaan in die koshuis by Huis Erica bly.
Gunsteling woord in Afrikaans
Fladder
Datum van matriekafskeid
2025-10-07