Kara Marx

Goudveld Hoërskool

Tuisdorp

Welkom

Skool

Goudveld Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok self ontwerp en 'n plaaslike naaldwerkster het die idee in 'n realiteit omskep.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n rok gehad het wat uniek en anders as die ander meisies was en iets wat my persoonlikheid weerspieël. Ek het 'n groot liefde vir blinkers, en ek het dus 'n rok gekry wat letterlik blinkers los orals waarheen ek gegaan het. Dit skep die idee dat ek my "sparkle" in my voetspore agterlos.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het baie vir my beteken. My rok het vir my soos 'n ware prinses laat voel, en as ek' n kroon gehad het kon ek soos een gelyk het. My rok het presies my persoonlikheid beskryf, dit was die kleur wat my hart begeer en my oë ten volle laat skyn.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

'n Hoogtepunt van daardie aand was om my vele vriendinne en klasmaats in die mooiste formele drag te sien, asook om die afskeid saam hulle te gedeel het. 'n Ander hoogtepunt was om my matriekafskeid saam met my tweeling boetie te beleef het.

Planne vir na matriek

Ek wou nog altyd medies swot. Ek beplan om toelating by 'n goeie universiteit te kry, om my droom om 'n suksesvolle radioloog te word, 'n realiteit te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Oulik

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media