Kaleigh Ackerman

Die Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Karen Couturier was die een wat my droom n werklikheid gemaak het. Die dag toe ek my rok vir die laaste keerpas toe was ek dadelik verlief. Sy het my droom n werklikheid gemaak. Ek het daar in gestap met n droom en uit gestap met my droom op n hanger.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter my rok was n ander ek. Ek wou nie bloot n rok dra nie, ek wou n nuwe identiteit aantrek. Hierdie rok was nie bedoel om my huidige self uit te beeld nie, maar om n nuwe sterker weergawe van my siel na vore te bring. N simboliese hergeboorte. Elke vou, elke glans moes die vrou verteenwoordig wat ek diep binne nog altyd wou wees; elegant, sterk en vol selfvertroue. My rok moes nie net my liggaam beklee nie dit moes my gees bekroon. Dit moes van kop tot toon die krag van daardie droompersoonlikheid lewendig maak; en dit het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Na my siekte digagnose wat ek 4 jaar terug ontvang het, en wat my plat geslaan het, het ek net besef dat hierdie iets is vir my wat ek graag wil uitbeeld omdat ek n surviver is, en dat ek kan wees net wie ek wil wees, Hierdie rok is vir my n ander ek. N elegant,sterker vrou wat nie weer plat geslaan sal word nie

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van die dag was al die mense se gesigsuitdrukkings toe hulle my in my rok sien.

Planne vir na matriek

Ek wil my drome verder vat deur "Chef and pastry" te gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sonskyn

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media