Julia de Wet
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af het die natuur my betower en my verstaan. My rok is geïnspireer deur die asemrowende skoonheid van die natuur. Ek het altyd gevoel ek is ń feetjie wat die natuur as my huis beskou het. Hoe die natuur my geroep het en my omhels het met kalmte en 'n gevoel van vryheid.
My konneksie met die natuur wou ek uitbeeld met my rok. Ek wou wys dat ek nie net in die natuur is nie, maar deel daarvan. Ek was nog altyd lief vir die natuur en hoe dit vry van verwagtinge is. Die natuur oordeel nie, probeer nie haarself verander om in te pas in die wêreld nie en laat niks haar uniekheid verhinder nie. Die natuur groei, bestaan en gaan eenvoudig voort.
Ek wou daardie gevoel voort bring, om sonder enige verskoning, net myself te wees. Ek is uniek en moet soos die natuur net myself wees, ek sal nie verander nie en net aanhou groei.
