Juané Viljoen

Hoërskool Kempton park

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Kempton park

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is die perfekte voorbeeld van ń elegante, lang aandrok met ń fyn swart en silwer patroon. Die rok het dun diamant bandjies en ń figuurpassende ontwerp wat onder uitvloei. Die verktikale strepe laat die rok stylvol en luuks lyk en die glansende materiale gee die rok ń feestelike voorkoms. Die voorkant van die rok het ń hartvormigeneklyn ,met n mooi effens oop ontwerp by die bors, met n Klein deursigtige insnyding in die middel wat styl en elegansie byvoeg. Die stuktuur van die rok pas styf teen die bolyf en beklemtoon my figuur. Die rug van die rok is halfoop wat dit nog meer gesofistikeerd maak. Die material val mooi af na onder in ń lang sleep wat die rok ń koninklike en formele voorkoms gee.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok reis was nie soos jou algemene proses nie. Ek het in Maart al met die opwindende proses begin om my matriekafskeidrok te kies. Ek het verlief geraak op ń pragtige rooi aand rok en niks kon my oë van die rok afkry nie , maar ongelukkig soos die Lewe gebeur het die instansie my 4 dae voor die funksie in kennis gestel dat my rok nie gaan reg wees nie en dat ek n alternatiewe reeling moet tref. Dit was n nagmerrie, maar as ek nou terug kyk was elke oomblik die moeite werd. Ek het rok na rok aangetrek en gesoek na die gevoel wat enige meisie wil voel as sy haar rok aantrek. Na dae se gesoek het ek moedeloos geraak met net n paar dae oor om die perfekte rok te vind. Met my laaste bietjie hoop het ek in n rokwinkel ingestap met volle vertroue dat my rok daar binne hang. Ek het deur die rakke gestap en die rok het my oog gevang ,MY ROK . Ek het die rok aangepas en na myself in die spieël gekyk en daar was die gevoel. Die gevoel wat elke meisie op die spesiale dag verdien. Die rok was alles en nog meer wat ek ooit wou gehad het. Dit het gevoel asof ek na ń rok kyk en myself sien. Ek het my hart op die rok verloor en niks kon dit verander nie. My rok het my die selfvertoue gegee om my aand ten volle te geniet. Ek het soos n prinses gevoel ,ń gevoel wat ek nooit sal kan beskryf nie !

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is moeilik om een ding te kies uit my rok uit , maar as ek moet kies sal dit beslis die halfoop rug ontwerp wees met die afhangende sleep. Dit beklemtoon my figuur en gee n pragtige, elegante styl terwyl die styl nogsteeds modern en klassiek is.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media