Juane van Niekerk

Hoërskool Linden

Tuisdorp

Randburg, Johannesburg

Skool

Hoërskool Linden

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is met soveel liefde gemaak by 39 Dresses deur Tannie Riette, en dit was ’n ongelooflike ervaring om my droomrok tot lewe te sien kom. Sy het elke detail presies soos ek dit ontwerp het, perfek uitgevoer en gehelp om my visie in ’n elegante, unieke en besonderse rok te verander. Tannie Riette se aandag aan detail het gemaak dat ek my op my spesiale aand vol selfvertroue en trots kon voel. Hierdie rok is nie net ’n kledingstuk nie, maar ’n herinnering aan ’n spesiale oomblik en die ongelooflike span wat dit moontlik gemaak het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was ’n weerspieëling van my eie styl, persoonlikheid en die reis wat ek deur my skooljare gestap het. Ek hou daarvan om altyd almal te verras en my eie ding te doen. Ek het die ontwerp self geskep met die doel om iets unieks te dra wat my individualiteit en selfvertroue uitbeeld. Elke detail – van die snit tot die kleur en materiaal – is sorgvuldig gekies om elegansie met moderniteit te kombineer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

’n Matriekafskeidrok beteken vir my soveel meer as net ’n aand van glans en “glamour” — dit is die vervulling van drome wat begin het toe ek nog n klein dogtertjie was toe ek my palstiek hakskoene gedra het wat ‘klik-klik’ deur die huis weergalm het. As kind het ek altyd vir my ma vertel hoe ek eendag op my matriekafskeid soos ’n prinses wou voel, en saam het ons oor kleure, materiaal en styl gedroom. My ma het altyd gesê dat daardie dag eendag sou kom, en dat ek iets sou dra wat my ware self wys. Toe ek uiteindelik my eie rok ontwerp het, het dit gevoel asof al daardie kinderlike drome en my ma se liefde in elke detail vasgewerk is. My rok simboliseer dus nie net ’n afsluiting van my skoolloopbaan nie, maar ook die band tussen my en my ma, die vervulling van ’n droom, en die begin van ’n nuwe hoofstuk vol hoop, trots en selfvertroue.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis om die aand saam met my vriende te beleef. Ek het dit ook geniet om elke meisie se rok te sien. Elke rok is uniek tot elke individu gemaak en se baie oor elke persoon. Ek het n groot passie vir mode en dit was werklik iets besonders om te sien wat elke meisies gedra het. Ons het maande lank saam beplan, idees uitgeruil oor klere en grimering, en saam opgewonde geraak oor dié groot dag. Toe die aand uiteindelik aanbreek, was dit ongelooflik om almal so mooi aangetrek en vol selfvertroue te sien, dit het gevoel asof ons drome werklikheid geword het. Ons het gelag, gedans en foto’s geneem wat vir altyd deel van ons herinneringe sal bly. Die mooiste deel was om te besef dat ons hierdie spesiale oomblik saam bereik het – die einde van ons skoolreis en die begin van iets nuuts. My vriende het die aand vol lewe, liefde en pret gemaak; sonder hulle sou dit nooit so besonders gewees het nie.

Planne vir na matriek

Na matriek sien ek uit daarna om my vlerke te sprei en die wêreld te gaan verken. Ek wil myself op n dieper vlak leer ken. Ek beplan om as ’n au pair in Amerika te werk,’n geleentheid om nuwe mense te ontmoet, ’n ander kultuur te ervaar en onafhanklikheid op te bou. Dit is vir my ’n kans om verantwoordelikheid te neem en om herinneringe te skep wat my vir altyd sal vorm. Ek het ook n groot passie vir kinders kmdat my ma n kleurer het… Ek sien daarna uit om tyd saam met kinders deur te bring, want hul energie, eerlikheid en kreatiwiteit maak elke dag vol vreugde en nuwe ontdekkings. Ek wil die wêreld bietjie “versoek”, nuwe plekke sien en elke ervaring met oop arms omhels. Hierdie avontuur voel soos die begin van ’n nuwe hoofstuk… een vol groei, avontuur en selfontdekking en ek kan nie wag om te sien waar dit my alles gaan neem nie.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lewenslus -die vreugde en energie om voluit te leef en alles wat die lewe bied te omhels.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media