Jodine Schoombee

Amajuba Hoërskool

Ouderdom

18 jaar oud

Skool

Amajuba Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het gegaan vir ’n sagte pienk balrok met groot strik detail agter omdat dit ’n sprokiesagtige gevoel gee. Die korset en die fyn blommetjies op die materiaal laat die rok elegant en tydloos lyk, terwyl die lae van tule volume en ’n prinses atmosfeer skep.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom uit sprokiesprinsesse en die idee dat my matriekafskeid ’n dag is waar ek soos ’n prinses wil voel. Ek wou iets hê wat uniek en opvallend is, maar steeds sag en vroulik , ’n rok wat my persoonlikheid en drome weerspieël.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel was definitief die groot pienk strikke aan die agterkant van die rok. Dit het die rok se ontwerp uitgelig en vir my ’n spesiale, dromerige styl gegee. Elke keer as ek dit dra, voel dit asof ek deel is van ’n sprokiesverhaal.

Datum van matriekafskeid

2025-07-26

Like what you see?

Share on Social Media