Jodi Saaiman

Hoerskool Labori

Ouderdom

18

Skool

Hoerskool Labori

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is aanlyn bestel dis nie'n duur ontwerpers rok nie,maar ek was baie opgewonde toe ek dit vir die eerste keer sien. Die rok is 'n "ballgown" styl dis ’n pragtige, lang, formele aandrok in ’n sagte, seegroen kleur. Dit is gemaak van ’n ligte, deurskynende materiaal soos tule, wat dit ’n dromerige en elegante voorkoms gee. Die bokant van die rok is fyn versier met blomagtige borduurwerk en krale, wat dit ’n romantiese styl gee.Dit het ’n noupassende borsgedeelte wat uitvloei in ’n wye, vloeiende romp. Die algehele voorkoms van die rok is sag, vroulik en geskik vir ’n spesiale geleentheid soos ’n matriekafskeid, troue of formele dans.Dit het my soos 'n "fairy princess" laat lyk en voel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My ma het 'n balrok gedra op haar matriekafskeid en dit het my inspireer,om 'n ballgown" styl te kies.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek was versot op die romp en effense sleep dit was vleiend en sag.

Datum van matriekafskeid

2025-09-30

Like what you see?

Share on Social Media