Jeanine du Rand
Hoërskool Zwartkop
Tuisdorp
Centurion
Skool
Hoërskool Zwartkop
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok se ontwerp self gekies, en die rok is gemaak deur Sarlou Struwig van die Sewing Studio in Centurion.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My insperasie om my rok te ontskep, is dat dit krag en vryheid in een asem kan skep. Die diep rooi van my rok herinner my aan die vuur, liefde en durf in my persoonlikheid. Ek het my rok ontwerp, nie net om te wys dat sagtheid en krag saam kan leef nie, maar ook hoe onverstrokke en elegant ek kan wees. My rok, is n voorbeeld van wie voor my in die spieel elke oggend staan. My inspirasie is wie ek is, vurig, onverstrokke en sielsryk.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my meer as net klere, dit wys wie ek is. Dit verteenwoordig my krag, selfvertroue en vryheid om myself sonder skaamte te wees. Die rooi kleur voel soos vuur in my are, 'n herinnering dat ek lewendig is en nie bang om gesien te word nie. My rok simboliseer die balans tussen my sagte, vroulike kant en my onverstrokke, onafhanklike gees. Wanneer ek my rok dra, is ek in beheer van my eie storie wat vol passie, durf en lig is. My rok is n herinnering dat ek my eie krag dra.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van my matriekafskeid is beslis toe ons die fotos geneem het. Dit het gevoel asof elke oomblik vasgevang is in lig en beweging. Wanneer ons my fotos geneem het, het dit regtig gevoel dat ek selfversekerd en vry is, dit is asof die kamera my energie kon sien. Daar was soveel energie en opwinding in die lug, en dit het gevoel asof almal hulsef kon wees. Ek het dit ook baie geniet om ander se rokke te sien, hoe hulle hul eie persoonlikheid in hul rok en styl geskyn het. My matriekafskeid was n aand vol pret, styl en geselskap, dit was n aand wat ek lank sal onthou.
Planne vir na matriek
Na matriek beplan ek om by n private instansie, Open Window Academy, te studeer waar ek kan fokus op industriele ontwerp en fotografie. Ek is baie opgewonde om my kreatiewe kant verder te ontwikkel en nuwe vaardighede aan te leer wat my help om my idees tot lewe te bring. Op dieselfde tyd wil ek my fotografie-besigheid binne die motorsportwereld op te bou, iets waarmee ek baie passievol is. Ek wil die spoed, emosie en krag van motorsport deur my lens vasvang, en my eie styl daarin vestig. Na matriek gaan ek kuns en adrenalien kombineer, omdat dit n uitdrukking van wie ek is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielsryk
Datum van matriekafskeid
2025-10-04