Jeanelle Le Roux

Hoërskool Florida

Tuisdorp

Roodepoort

Skool

Hoërskool Florida

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Natasha Gouws van VNG Design

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir hierdie rok is 'n samesmelting van Morticia Addams se donker elegansie en die rooitapyt-glans van die Met Gala. Ek bewonder Morticia se krag en selfvertroue, en ek sien 'n bietjie van myself in haar onbeskaamde individualiteit. Die swart rok, met sy dramatiese moue en hoë spleet, beliggaam dieselfde kragtige maar elegante gees. Die kleur swart is treffend en sterk, maar dit kan ook sag en gesofistikeerd wees - baie soos my eie persoonlikheid. As iemand wat model doen waardeer ek hoe hierdie rok my uniek en mooi in my eie vel laat voel. Vir my gaan hierdie rok daaroor om my individualiteit te omarm en my krag te besit, terwyl ek steeds elegant en verfyn lyk en voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok is meer as net 'n mooi uitrusting - dit verteenwoordig 'n spesiale oomblik in my lewe van my skool loopbaan wat eindig. Dit is 'n viering van my prestasies en die herinneringe wat ek saam met vriende maak

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ek my ma in die hospitaal met 'n besoek verras het, kon ek die trane in haar oë sien opwel terwyl sy my in my matriekafskeidrok sien. Ek het dit geheim gehou, want ek wou die uitdrukking op haar gesig sien met my in matriekafskeidrok. Sy was al 'n rukkie in die hospitaal, en ek het geweet hierdie besoek sou haar gemoed lig. Om haar glimlag te sien en haar trotse woorde te hoor, het alles vir my beteken. Dit was 'n oomblik wat ek altyd sal koester, en ek is so dankbaar dat ek dit met haar kon deel.

Planne vir na matriek

Ek gaan BCOM besigheids bestuur studeer by NWU Potchefstroom.

Gunsteling woord in Afrikaans

Grapgat

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media