Janke de Klerk

Hoërskool DF Malan

Tuisdorp

Goodwood

Skool

Hoërskool DF Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het 'n jaar gelede 'n foto gesien van 'n soortgelyke rok en dadelik geweet dat dit my rok gaan wees. Die talentvolle Wilna Steenkamp van La Rochelle in Bellville, Kaapstad het my droom verwesenlik.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die tema van rykdom wat illustreer word deur die swaar materiaal, afgerond deur gepaste juwele. "Navy" is my gunsteling kleur en dit gee my selfvertroue. Gemak was 'n vereiste sodat ek my dag kon geniet - van foto's regdeur tot die dansvloer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Letterlik so baie! Elke keer as ek na die foto's kyk, glimlag ek van oor tot oor,

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Op die dansvloer met my kêrel in my perfekte droomrok.

Planne vir na matriek

Ek beplan 'n oorbruggingsjaar in 2026 ter voorbereiding van studies in dramatiese kunste vanaf 2027.

Gunsteling woord in Afrikaans

Letterlik

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media